Posted in GrapGat
Vernon Koekemoer
Jammer en ander tidbits
‘n Inskrywing waarin ek my bra pouslik gedra het, het iemand seer gemaak. Ek’s jammer. Geen maar’s. Dis ‘n grys area, ek erken en wie is ek om te oordeel. As dit jou enigsins beter sal laat voel, ek voel soos ‘n luis (of ’n klein pienk varkie
). Weet nie of ek ooit sal kan saam stem nie, maar dit beteken nie ek wil enige iemand seer maak met my opinie nie.
Anna verjaar vandag. Geluk jou ou maltrap. Jou kombuistafel op wielietjies word mOre afgelewer. Ek het vir jou ‘n T-hemp met “I want bitty” op probeer kry, maar almal kyk my aan of die ligte aan is, maar niemand by die huis is nie. Sal dit van oorsee af moet bestel of self maak. Hopelik teen Kersfees…
Gun my hierdie musikale epiloog terwyl ek myself van my geliefde rekenaar af weg sleep, want dis amper skoolvakansie en nie net is ons een van die dae oppad Knysna toe vir gesinstyd by die Oesterfees nie, maar ek het myself belowe my kinders kry hierdie vakansie my volle aandag. Hierdie rekenaar word nou gebEre (behalwe vir werk). Dus, gaan julle goed en mag daar niks vir die grommeltrommel na die vakansie wees nie.
Die lewe is.
Posted in Algemeen
Slagspreuk tag
Vir A3.
MODERATION is vir sissies

http://data1.blog.de/blog/1/16milesupapigsarse/img/waterskijet.jpg
Sinkende skip
Mushy
I don’t do mushy. Mushy = oormatig sentimenteel…of so iets. Mushy sucks, maar elke nou en dan gebeur daar iets wat, maak nie saak hoe stoutmoedig jy probeer wees nie, maar net die mushy-attack nie kan keer nie. Een omlynde oomblik wat alles weer helder en duidelik maak en jou emosies laat flik flakke slaan. Ek verag daai oomblikke, maar ek’s nou ‘in die oomblik’, so hier’s iets vir my vriende en vir daai outjie wat gister weereens bewys het dat hy my beste vriend by verre is. Liefie. En ‘Em’. Dankie.

‘n Vriend is iemand wat jou ken en nogsteeds lief is vir jou (Jerome Cummings). ‘n Vriend is iemand wat in loop terwyl die res van die wEreld uit loop (Walter Winchell). ‘n Broer is nie altyd ‘n vriend nie, maar ‘n vriend is altyd ‘n broer (wetiewienie). Een lojale vriend, is beter as ‘n 100 familielede (wetiewienie). Goeie vriende is soos diamante - raar en kosbaar. Vals vriende is soos blare - oral te sien (wetiewienie).
“…no man is useless
while he has a friend.”
- Robert Louis Stevenson
Posted in Inspirasie, Liewe
Jy kry sweet en jy kry SWEET
‘n Eienaardige ding het vanoggend met my gebeur. Ek sit nou nog en giggel daaroor. Nie so seer oor wat gebeur het nie, maar oor ek so dof was om dit nie in die begin agter te kom nie en ook oor ek nie gewoond is aan so iets nie. Voor ek vertel wil ek net se^ dat ek nie in ‘n gesprek wil betrokke raak van is dit reg of is dit verkeerd nie, want wat hier gebeur het is dalk dood normaal vir jou. Dit gaan nie vir my oor reg of verkeerd hier nie. Dis ‘n gesprek vir ‘n ander dag inelkgeval. Ek is maar net glad nie (meer) gewoond aan so iets nie en dis hoekom dit vir my ‘n baie eienaardige en onverwagse ervaring was. (Die ‘meer’ is ook ‘n storie vir ‘n ander dag
).
Laat ek vertel - Dit was bitter koud vanoggend, maar oor ek meer as 2 maande laas ‘n spin klas bygewoon het, het die gewete begin pla (om nie eers te praat van die vetrolletjies nie). So sleep ek myself na die oggend spin klas. Ek begin soos al die ander met die gewone opwarmings oefeninge net om van die ergste koue ontslae te raak. Dit terwyl ons wag vir die instrukteur/instruktrise. Soos dit maar is met normale mense (normaal in my boekies), is ek nie ‘n happy chappy nie. Dis vroeg, dis koud, my hare lyk sleg, ek het nog nie koffie gehad nie en sou veel eerder nog in die bed wou wees. Mej. Super-fit-en-oor-entoesiasties langs my, laat my ook nie veel beter voel nie. (Was sommer lus en skop haar fiets om…) So twee minute later loop die instruktrise in. Jy kan sommer sien die vrou is fiks en ons (ek) gaan vandag suffer, maar sy gee my nie veel tyd om my lot te bekla nie en val sommer weg. “You’ve had your warm-up. Nine out of ten” seg sy. Ek was oortuig sy’s gerook. Vir die wat nie weet nie, jy draai jou fiets se spanning knoppie so styf moontlik en dan draai jy hom 10 halwes terug na ‘maklik’. As die instrukteur se^ “one out of ten” dan draai jy hom een stywer en so gaan jy aan. Ek hoop dit maak sin. Hence toe poppie se^ “nine out of ten” kon ek dit nie glo nie, maar toe begin die sweet…
Om ‘n lang storie kort te maak, onse instruktrise het flikkers vir my gegooi die hele klas deur, maar ek het eers regtig geregistreer hier in die middel van die sessie. Sy het aan die einde van die klas ‘n punt daarvan gemaak om my te vertel van wanneer presies haar klasse is wat sy aanbied. Nee, sy het haar nie slegs ontferm oor my nie. Ek ken die verskil. Haar oE was gereeld op my en haar woorde het op my gesinsspeel ‘n hele paar keer. Aan die einde van die klas was ek heel ongemaklik en nie oor ek moeg was nie.
Verstaan julle nou hoekom dit vir my so bietjie eienaardig was? Ek weet julle gaan vra en wat nou as dit ‘n man was? Sou jy ook so reageer het? en wat’s die verskil? Wel, as dit ‘n man was, sou ek heel moontlik net ‘n bietjie geirriteerd gewees het. Of miskien dit as ‘n kompliment gevat het. Of dalk niks gevoel het nie, want ‘n mens dra nie trouringe spin klas toe nie so hoe moet die arme drommel ook nou weet jy’s getroud. Die idee dat ‘n vrou vir my flikkers gegooi het, was net vir my (soos ek gese^ het) nie iets waaraan ek gewoond is nie en seker maar volksvreemd.
Het so iets al met jou gebeur? Foto: http://imagebank.ipcmedia.com/imageBank/v/Vicky-P.jpg
Dr Dowwe Dolla
Gisteraand saam met goeie maters na ‘n Dowwe Dolla show gaan kyk. Daar was ‘n goeie boodskap in die show (glo dit of nie
) en ek neem kennis, maar het ongelukkig lankal besluit Afrika is nie vir my nie. Ek is net hier oor ek hier moet wees…vir nou. Die boodskap is dat ons Suid Afrikaners ok sal wees aan die einde van die dag. Ons sal hierdie malligheid oorleef al is dit miskien grotendeels deur humor. Ek het haar show geniet en lekker gelag vir haar skerp humorsin. Op ‘n stadium vra sy mense in die gehoor om name uit te roep van politisie of bekende mense wat sy in ‘haar hospitaal’ moet ‘behandel’ en dan lewer sy kommentaar op die naam wat uitgeroep is. Sy’s skerp hoor. Onthou, dis nie iets wat sy voor die tyd kon oefen nie. Dis gift-of-the-gap-stuff daai. ‘n Paar van die mense wat sy mee gespot het: Jurie Els, Steve Hofmeyr, Jacob Zuma, Nkosazana Zuma, Sunette Bridges, ens. (Suz, as jy nog kan onthou, noem maar).
Posted in GrapGat, Tabeetjies
Blogrol politiek
Hierdie blog is in sy verjaarsdagmaand. Dit was voorwaar ‘n interessante jaar, maar hierdie inskrywing reflekteer nie op die gebeure in die blogwEreld soos deur Roer ondervind die laaste jaar nie. Dit gaan oor daai administratiewe tool wat meeste van ons gebruik - die blogrol.
In alle eerlikheid in die begin het ek probeer om slegs eenders-denkende bloggers en vriende se name op myne te plaas, maar so met die tyd kom ‘n mens agter daar is altyd iets waaroor ‘n mens kan en sal verskil. Hence my huidige laaaang blogrol. As jy ‘n WordPress blog het en dis Afrikaans, sal ek jou graag daarop wil hE^, maar dis moeilik om by te hou met al die nuwe blogs. Dit is ongelukkig so dat daar net te veel blogs is om te lees, maar ek laai jou graag op as jy my in kennis stel van jou bestaan.
Daar’s min redes hoekom ek nie iemand op my blogrol sal plaas nie. Om nie saam met jou te stem oor trivial goed nie is heel moontlik nie een daarvan nie. Pornografie, vuil taalgebruik en rassehaat is beslis ‘n no/no vir my. Dis regtig maar net ‘n kwessie van verkieslik Afrikaans en verkieslik WordPress, maar daar is uitsonderings.
Wat is jou gedagtes hieroor? Is die skakels op jou blogrol REGTIG al wie jy lees? Hiermee vis ek nie vir ‘n ere plekkie op jou heilige blogrol nie. Ek lewer kommentaar waar ek wil. Of ek nou op iemand se blogrol is of nie, maar dit is interessant hoe sommige mense dit soms as ‘n wapen of eerder boodskap kan gebruik. (LET WEL sommige.) Is dit net ek of het iemand anders dit ook agter gekom? Een oomblik is jy nog daar, dan skryf jy ‘n pos waarmee die persoon glad nie saam stem nie en voila!, jy’s gefire van die blogrol. Ja, soms dink ek dis kleinlik, maar dis almal se perogatief. Meeste blogrolle is seker maar net ‘n kwessie van ‘ek skaar my by hierdie individue’.
INGELKVAL, geniet julle vakansie Maandag.
Posted in Algemeen
Rugby - Hoe om NIE te tackle nie
Ons storie
Reisiger en NetJane het my getag.
‘n ‘Paar’ jaar gelede… (”lank, lank gelede” laat my oud voel) het Liefiediefiedoefiedaffie in ons jeugsentrum se tuin in Pretoria op ‘n tuinstoel gaan sit. Ek het hom ge’eye‘ van die 4de vloer af (my kamer was op die 4de vloer). Nee, ek’s nie ‘n stalker nie, maar ek was 1ste op die stoep en daar was nie veel anders om na te staar nie, toe staar ek maar na hom. Ek het ‘n paar maande voor dit ‘n Christen geword en was nog op die ‘toets-my-God’ stadium. Toe bid ek… “Ok, ek soek ‘n man asseblief. Hierdie is my spesifikasies: Christen, goeie hart, boerseun, go-getter, iemand wat ‘n goeie pa sal wees vir ons kinders en as hy soos daai ou daar onder in die tuin kan lyk, sal dit ‘n bargain wees. Thanks. Amen.” Dit was nie ‘n week later nie, toe hurk die einste boerseun langs my stoel in die eetsaal en knoop met my ‘n geselsie aan. Hou in gedagte dat daar meer as ‘n 100 jong mense in die jeugsentrum gebly het op daardie stadium… Toe vertel hy my hy hoor ek is in so-en-so kerk en daar is ‘n paar kasette van Louis Malherbe wat hy bitter graag vir my wil leen om na te luister. Ok, reken ek, ek moes seker ‘oorspronklik’ ook gespesifiseer het (tipies ondankbare kind). Nietemin, stem toe maar in en so met die luister en bespreek van die kasette oor die volgende paar weke het ons verlief geraak. ‘n Jaar later was ons verloof en twee jaar na dit, getroud. Platsak, maar smoorverlief het ons trou beloof aan mekaar in ‘n klein wit kerkie in Simonstad twaalf jaar gelede. Dit was die beste ding wat ek nog ooit in my lewe gedoen het en dis my storie oor hoe die Here my bederf het deur vir my presies te gee wat ek wou gehad het. Fluit, fluit, hierdie hoofstuk is uit.
As jy nog nie getag is nie en jy wil saam speel, waarvoor wag jy?
Posted in Algemeen
Selfverdediging raad
Ek was Saterdag op ‘n selfverdedigings kursus en wil so paar van die belangrike punte neer pen voor ek dit vergeet. Selfverdediging lesse is baie beter met illustrasie so ek beveel aan dat jy eerder self ‘n klas bywoon. Mans, stuur asseblief julle vrouens / dogters / ma’s op selfverdedigings kursusse. Doen dit elke jaar indien moontlik. Hou hulle paraat. Hou hulle voorbereid en belangrikste van alles, help hulle om te lewe sonder die victim mentaliteit. Help hulle om te kan terug veg.
- Volgens statistiek veg slegs 10% vroue terug. Meeste is heel moontlik so geskok en dink as hulle net saam werk en die aanvaller laat doen wat hy wil doen, sal hulle leef. Daar is ‘n voordeel daaraan. Die gemiddelde aanvaller sal nie verwag dat jy gaan terug veg nie m.a.w. jy het die element of surprise aan jou kant.
- Vrees is nie jou vyand nie. Vrees sal jou heel moontlik aan die lewe kan hou, want adrenalien maak jou sterker. Jou fyn motoriese sal heel moontlik nie so goed werk nie, bv. jou hand sal te veel ruk / bewe om ‘n telefoon nommer te skakel. Probeer kalm bly. Paniek kan jou jou lewe kos.
- Dink aan jou sterk punte bv. is jy vinnig? Is jy sterk? Is jy fiks? Is jy rats? Kan jy hard gil? Watookal, wees voorbereid en gebruik jou sterk punte tot jou voordeel. Met ander woorde moenie dink as jy oorgewig en ouerig is, jy gaan vir die krimineel kan weg hardloop nie.
- Amper enige iets kan as wapen gebruik word. Rol bietjie ‘n tydskrif op en kap jouself liggies teen die ken. Hard ne? Ons dames is so lief om waterbotteltjies te dra. Die prop kant van daai botteltjie (vol of leeg) kan seer maak. Potlode, penne, ringe… dink.
- As jou aanvaller dit reg kry om jou teen die grond te druk en hy probeer sy bene tussen jou in druk, probeer jou een been reguit hou na bo. Hy sal ook heel moontlik jou arms vas druk teen die grond. Ruk hulle reguit en dan weer een styf teen jou sy en die ander een oor jou kop. Jy sal dit hopelik reg kry om hom van balans af te ruk so nou met die been wat op die grond is, druk jouself sodat jy hom kan om rol terwyl hy van balans af is.
- As die aanvaller ‘n geweer op jou rig, kan jy probeer oor sy skouer kyk. Hopelik kry jy dit reg om hom vir ‘n sekonde te laat weg kyk m.a.w. sy aandag af te trek. In daai sekonde, want dis al wat jy sal he^, gryp die loop van die geweer (slegs as dit ‘n rewolwer is anders kan jou hand baie seer kry as ‘n skoot af gaan) en maak seker jy’s nie in die spervuur nie.
- As die aanvaller jou van agter af gryp met sy arm om jou keel, is die heel belangrikste ding eerste om seker te maak jy kry asem. Jy kan binne 4 sekondes in mekaar sak as jy nie asem kry nie. Dus probeer jou ken onder sy arm in druk en sodoende sal jy kan asem haal.
- As jy dit reg kry om jou aanvaller katswink te slaan en jy het nie tou om hom mee vas te bind nie, gebruik clingwrap. Draai dit ‘n hele paar keer om sy bene en hande en bel die Polisie.
Foto’s: http://www.samuraikaratecornwall.co.uk/assets/images/autogen/a_SelfDefenceWristLock.jpg, http://www.samuraikaratecornwall.co.uk/assets/images/autogen/a_SelfDefenceKnife.jpg, http://www.kravmagatechniques.co.uk/krav-kick-defence1.jpg, http://www.kravmagatechniques.co.uk/krav-bear-hug.jpg, http://www.lynnvalleymartialarts.com/IMAGES/military-selfdefense.gif
Bestelling
Comments Off
Posted in GrapGat
Verstrooid
Het jy al ooit vergeet om jou man/vrou (10uur die aand na sy klas by Universiteit) op te laai (en hom daar laat staan in die donker…IN AFRIKA!)? Al ooit ‘n rak by ‘n winkel om laat val ten aanskoue van almal? Al ooit jou selfoon in die vrieskas gesit (en daar vergeet)? Twee broekies probeer aantrek (skoon vergeet jy het reeds een aan)? Vergeet om ‘n kruller uit jou poniestert uit te haal…en werk toe gegaan met die ding nog in jou hare!!? Kan nie funksioneer sonder jou selfoon-reminders? Jou eiers gebraai in asyn? Of jou huis daagliks probeer start met jou kar sleutels? …en die gevaarlike een… Al ooit olie op die stoof vergeet terwyl jy badwater ingetap het net om later te besef dis nie stoom wat jou sig belemmer nie, maar ROOK, want die pot het aan die brand geslaan.
Welkom in my we^reld. Ek is uber-verstrooid en ek kan dit nou nie meer vat nie. Dis snaaks tot op ‘n punt en ek kan nie eers my haarkleur daarvoor blameer nie, want ek is ‘n brunet. Ek kan nie meer nie korporaal. Ek’s bang ek vergeet om asem te haal. Watse salf is daar te smeer? (Vergeet van vitamienes en wot-not’s. Ek is op almal.)
Foto: http://remindotronic.com/media/iStock_000001511208Small-web.JPG
Posted in Algemeen
Ons is nie alleen
Steve se blog sluit
Ek was hunky dory vanoggend, tot ek Steve se blog gou besoek het. Nou’s ek so bietjie sad. Bummer. Nou ja, hy het beslis rus nodig en baie daarvan. Ek het sy blog ontsettend geniet. Nie die kommentaar nie, maar wat hy gegriffel het. Soos Harvey sê AUF WIEDERSEHEN en baie dankie Steve.
(Foto: http://www.jetstreaker.com/wp-content/uploads/2007/01/steve-hofmeyr.jpg)
Posted in Tabeetjies
Baba tag
Eerder laat as nooit. Ek tag niemand, maar voel vry om jou naam saam met my te vergat.
Pokkel baba Roer…
Sheldean Human saak
“Hy kon moontlik die wonderlike skepping van God bewonder het.” Ek gaan my weerhou van te veel se^ op hierdie onderwerp, want ons het dit reeds hier bespreek. Al wat ek wil se^ is ek hoop van harte vir die geleerde Adv. Khomotso Tlouane dat dit sy kliEnt (Andrew Jordaan) se siening is (en sy instruksies) en nie sy eie (die Adv.) opinie nie. Verder seg hy in sy geleerde kapasiteit “…mans versamel sulke foto’s en Jordaan was net ’n jong man.”
Posted in Griewe
Teleurstelling
“Disappointment is the nurse of wisdom” Bayle Roche
Presies wanneer het dit gebeur? In ons jeug? Met my onbeantwoorde briewe vol getjommel? Of dalk nog voor dit? Dalk terwyl ek eenbeentjie gespeel het en jy warmpatat. Was dit geleidelik? Keep vir keep uit ‘n kerfstok. Nee, ek dink tog dit was skielik. Die oomblik van helderheid was meer soos ’n erdepot wat op die grond stukkend val. Dis tog so jammer. So onnodig. Ek gaan nou my trane afvee en weg stap. Miskien sal ek jou mis. Miskien nie. Miskien is dit juis die punt - ek mis jou al jare.
Foto: http://www.more4kids.info/uploads/Image/little-girl-feeling-sad.jpg
Posted in Griewe
Die huwelik is nie vir sissies nie

Posted in GrapGat
Is die huwelik onnatuurlik?
Dustin Hoffman dink so… http://www.news24.com/News24/Entertainment/Celebrities/0,,2-1225-2108_2328651,00.html
Posted in Algemeen

Titanic - God himself could not sink this ship





